4.7.06

Fargo


Opening credits:

THIS IS A TRUE STORY.
The events depicted in this film took place in Minnesota in 1987.
At the request of the survivors, the names have been changed.
Out of respect for the dead, the rest has been told exactly as it occurred.

End credits:

The persons and events portrayed in this production are fictitious.

8 comments:

gm said...

Fargo is 'n blerrie awsome fliek. Een van my gunsteling flieks van alle tye. So you better not be dissin' it.

Natuurlik is die "hierdie is waar" in die begin deel van die fliek: jy ervaar die fliek anders as jy glo dis waar. Dis nie net nog 'n cheap thrills, kyk die woodchipper!, tipe fliek nie.
Natuurlik is dit eintlik. Maar tog het mens dit bietjie ander beskou...

b said...

Alles behalwe, dis beslis in my top 10 van alle tye. Ek het eers onlangs uitgevind dis nie 'n ware verhaal nie. Wou maar net ander mense bewus maak daarvan. Dis nie asof dit baie obvious gemaak word aan die einde dat dit nie waar is nie. Wie lees nou eintlik die disclaimers aan die einde.

Is dit iets wat ander flieks ook doen? Dis die enigste wat ek van weet wat claim dis waar maar die claim is eintlik maar net deel van die fliek en sy fiktiewe status.

Dit maak dit vir my net beter.

Jy het dan seker ook die quote in my vorige post herken?

iv said...

Da Vinci Code

Die 'disclaimer' is heeltemal afwesig...en mense glo vas dat alles wat in die boek en die fliek voorgestel word feite is.

Ek het dit nog nie gesien nie maar ek glo die polemiek op die internet:

http://www.torontosun.com/News/Columnists/Coren_Michael/2006/05/20/1589217.html

Natuurlik 'n anti-klimaks na Fargo, maar ek ken heeltemal te veel mense wat vas glo in alles wat as feite opgedis word in die boek en dit gaan teen geloofwaardige geskiedkundige feite.

(Miskien sal ek dit moet lees om te verstaan waaroor dit gaan.)

Wel, n.a.v gm se comment moet ons dus seker aanneem dat die Director 'n effektiewe tegniek gebruik het sodat almal DVC ''n bietjie anders kon beskou' m.a.w. sodat die massa mense wat nooit 'n koerant lees nie hulle-self vir ewig in la-la land sal bevind omdat Dan Brown hulle intellektuele voog is.

Dis jammer want mense is deesdae werklik so liggelowig of gullible dat hulle nie net die fliek sien vir 'entertainment value' nie maar as
feite.

Ek voel nie werklik bekommerd oor hoe dit die christene affekteer nie.(Soos altyd sal hulle net weier om oor enige polemiek te redeneer en uiteindelik sal selfs die pseudo-ingeligte-DVC-navolgers ook opgee netsoos die wetenskaplikes wanneer hulle met fundamentaliste soos die creationists/intelligent design fans redeneer.)

Maar, dit is seker belangrik vir draaiboek-skrywers om verantwoordelikheid te neem vir wat hulle skryf.

Is elke skrywer nie verantwoordelik vir sy/haar woorde nie? Woorde is so
kragtig.

Ek is bereid om onkonsekwent/biased te wees...alles van Fargo is perfek maar DVC...ek kan nie 'n hel omgee nie...(ignoreer die feit dat ek so 'n lang comment skryf),
maar Dan Brown kon minstens die disclaimer opsigtelik in die boek insit al was dit net om die tsunami van dom gesprekke wat hieruit gelei het te kon verhoed...then again...who's the millionaire here?

iv said...

http://www.torontosun.com/
News/Columnists/Coren_Michael/
2006/05/20/1589217.html

Hier is die hele link weer.

gm said...

iv, as ek dit reg het, IS daar 'n disclaimer voor DVC gewees. En verseker een op die poster gewees.

Weet nie mooi hoe die twee bymekaar kom nie, want DVC het nooit probeer al daardie conspiracy theory stuff as harde feite aan te bied nie. Dit het dit bloot gebruik as plot-points in 'n riller-tipe fliek.
Ek moet ook erken, ek hoor dat almal aangaan oor hoe mense ewe skielik al hierdie ander stuff glo, maar het nog nooit iemand teegekom wat dit actually doen nie.

b, ek het die quote herken, en dis blerrie hilarious. Daardie aksent!
Ek dink die Coen broers probeer altyd die grense 'n bietjie blur met hulle flieks. Soos The Ladykillers (flouering, maar interessant), The Man who wasn't there, en O Brother where art thou.

iv said...
This comment has been removed by a blog administrator.
iv said...

ACTUALLY...
ON SECOND THOUGHT...

My sample wasn't randomly chosen and my response is as always askew...and there is nothing significant about these idiotic conversations I have had...
It wasn't a reason to criticize christians, the english population(my sample) or Dan Brown fans...I'll be more sensitive next time.
Let them be.

Anonymous said...

Nice! Where you get this guestbook? I want the same script.. Awesome content. thankyou.
»